biografie_1

biografie_2

biografie_3

biografie_3

biografie_5

 

  BIOGRAFIE
 

Zak is die seun van Sakkie en Rista van Niekerk. Hy het ook 'n ouer broer, Johnnie en suster, Liana. Hy is gebore in die hartjie van Namakwaland (Springbok) op 12 Julie 1978, waar hy ook sy skoolloopbaan voltooi het. Hy’s ‘n plaasseun wat hom half vrek rondgehol het agter skape aan op hul familie plaas in die Boesmanland "Uitkyk", waar sy ouers tot vandag toe nog boer.

Op Hoërskool het hy sy eie orkes begin maar gou agtergekom dat die ander manne nie so erg ingestel is op die musiek soos hy nie, toe begin hy maar sy eie ding en doen dit tot vandag toe nog. Tydens sy matriek jaar is hy gekeur vir die SANW Kerkkoor en Konsert-groep, ook bekend as die Kanaries, vir ‘n tydperk van twee jaar. Aan die eindie van sy eerste jaar besluit die Staat dat daardie afdeling van die lugmag gesluit moet word en is hy geforseer om vinnig besluite te neem vir sy toekoms. Hy gaan studeer toe ‘n jaar in die Kaap en kry in dieselfde jaar ‘n platekontrak by BMG kry. Op ‘n jeugdige ouderdom van 20 sien sy debuut album die lig, op 14 Januarie 1999. In 2000 bring hy sy tweede album uit en ‘n jaar daarna besluit hy om weer sy eie ding te doen. Sonder kontrak vir amper 3 jaar, toer hy die land vol en tree op in verskeie plekke vir ‘n inkomste.

Zak het egter ook vele ander talente... In 2001 was hy die regiseur en aanbieder van sy eie program "Wie is Wie".

In 2003 kom die groot deurbraak, hy teken kontrak by Leo Musiek en dinge vat vlam. Spoedig word sy derde album “Lekkerkry” uitgereik en daarna volg drie ander albums "Byt My", "Gospel Mondfluitjie" en "Oe Na Na". Sy eerste Dvd, "Zak maak Twak" is opgeneem in Februarie 2006. "Dans met die bekfluitjie" het in Desember 2006 op die rakke verskyn, waarna "Ramkat" toe in April 2007 by die KKNK bekendgestel is. Die volgende dvd is die 17de Oktober 2007, by Danskraal in PE opgeneem en hou jou verseker aan die lag. Wat julle dalk nie geweet het nie, Zak is 'n volwaardige Cheetah ondersteuner en het saam met verskeie ander kunstenaars 'n cd vir hulle uitgebring, die cd se naam is "Die witsneltrein" en is in Mei 2008 uitgereik. Zak, Hennie de Bruyn en die kitaarkerels het ook saam 'n lekker boeremusiek album "Umfaan-skoffel" opgeneem en hul 2de album, 'n Gospel cd, "Rig jou hande na bo" is in Desember uitgereik en solo album "Fototjie" is verseker 'n MOET hê. Vir al die visvang en hengel liefhebbers, wees op die uitkyk vir sy nuwe cd, "15 Gewildste visvang tunes", wat binnekort op die rakke gaan verskyn.

Zak en sy vrou Sonja is op 21 Mei 2005 in Kathu getroud en bly tans in Hartbeespoort en het die 9de Desember 2009 'n seuntjie ryker geword.

Hy is sekerlik een van die beste komediante, wat sy lekker kuier- en luister musiek insluit. Met sy unieke manier van mondfluitjie speel, word hy beskou as die beste! Met sy humor, musiek en komedie is hy defenitief ‘n man wat ‘n partytjie aan die gang KAN kry!!

Soos hy altyd sê: GOOI MIELIES BROER TOT ONS WEER ONTMOET!!